AFRIKAANS     ENGLISH

Pieter se skryfkamer

"'n Klein, basiese kamer".

Pieter se skryfhuisie is die plek waar dramaturg en Herzogpryswenner Pieter Fourie beslag gegee het aan verskeie toneelstukke wat gehore landwyd aangegryp het. Hier het ´n leeftyd se inspirasie uiting gevind in werke soos Boetman is die bliksem in!, Naelstring en Elke duim ´n koning. Die aardsheid van Pieter se skryfwerk vind weerklank in die stylvolle eenvoud waarmee hierdie huisie ingerig is. Die melkemmer-wasbak, die bokpootjie-handdoekreling en die paraffienlantern kon net sowel hul opwagting in een van Pieter se volksteaterstukke gemaak het. ´n Besondere kenmerk van hierdie huisie is die kleurglasbottel-vensters, wat die kleurrykheid van Pieter se karakters op ´n eiesoortige manier vasvang.

Pieter se skryfkamer Fasiliteite

  • Bed & Ontbyt (geen selfsorg)
  • 1 x Dubbelbed
  • Klein en suite-badkamer met wasbak en bad
  • Waaier en Verwarmer
  • Kroegyskas
  • Verwelkoming sjerry
  • Tee en koffie fasiliteit met tuisgebakte beskuit
  • Gesuiwerde Water
  • Muskiet masjien
  • Haardroër op aanvraag
  • Wi-Fi
Terug na Akkommodasieblad (vorige bladsy)
Copyright © 2018  ::  Rooderandt  •  Site by:  WebWorX