AFRIKAANS     ENGLISH

Wittebroodsuite

Die wittebroodsuite is ongetwyfeld die grootste bederf wat Rooderandt bied. Hier kan jy onder die prieel op die patio ontspan terwyl jy uitkyk oor die privaat tuin in die rigting van die Outeniekwaberge, of in die weggesteekte plonspoel sit met ´n glas wyn in die hand. In die ruim slaapvertrek sal jy jou verkyk aan die negentiende-eeuse koperbed met sy pragtige linne en outydse muskietnet - enige paartjie se droom, of jy nou op wittebrood is of nie! Die en suite sitkamer en badkamer rond die pakket af en dra by tot ´n ervaring wat maak dat jy altyd hierheen sal wil terugkeer.

Wittebroodsuite Fasiliteite

  • 1 x Dubbelbed
  • Privaat badkamer met stort
  • Privaat ingang en tuin
  • Lugverkoeling en verwarming
  • Kroegyskas
  • Verwelkoming sjerry
  • Tee en koffie fasiliteit met tuisgebakte beskuit
  • Gesuiwerde Water
  • Muskiet masjien
  • Haardroër op aanvraag
  • Wi-Fi
  • Bed & Ontbyt (geen selfsorg)
Terug na Akkommodasieblad (vorige bladsy)
Copyright © 2018  ::  Rooderandt  •  Site by:  WebWorX